Aankondigings:


Republiekfees

Saterdag 31 Mei

09:00vm

NG Kerk Lyttelton



Volg ons op Facebook


Die geboorte van Pretoria<_o3a_p>

Deur Johan de Ridder <_o3a_p>

DIE stryd om Pretoria in ons dae is welbekend. Terwyl die ANC/SAKP-regime hul bes probeer om Pretoriate vervreem van sy geskiedenis en sy erfenis, wek dit besonder baie emosie op onder Afrikaners. Pretoria is die een stad wat uitstaan in Suid-Afrika as ‘n baken wat die hart en siel van die Afrikaner se geskiedenis verteenwoordig. Geen ander stad kan aanspraak maak op ‘n groter band met die Afrikanervolk, sy kultuur en sy geskiedenis nie. MNR. JOHAN DE RIDDER, ‘n man wat self besondere bande met dié Afrikanerstad het, bespreek in hierdie artikel die redes waarom Pretoria se naam en geskiedenis as kosbare skat vir die Afrikanervolk se nageslag gekoester moet word. Sy uiteensetting maak dit baie duidelik dat geen ander volk of groep ‘n groter aanspraak op Pretoria kan hê as juis die Afrikaner nie. <_o3a_p>


Doors Erasmus<_o3a_p>

As ‘n mens van Pretoria-Noord stad toe ry in die rigting van die poort en jy hou aan die linkerkant van die pad stil, voor die afdraaipad na Wonderboom en gaan deur ou deure en heining, oos in die rigting van die Apiesrivier, sal jy die murasie van ‘n ou huis en aangrensende geboue sien. Slegs die stewige dik mure is nog staande terwyl die dak oënskynlik afgebrand het. Agter teenaan die huis is die oorblyfsel van die eerste skoolgebou. Die natuur moes skilderagtig gewees het voordat dit bemors is metrommel en vuilgoed. ‘n Entjie suidoos van die huis is ‘n klein wit ommuurde kerkhof. Die grafstene is omgegooi, gekraak en byna toegegroei met gras en onkruid. Nadere ondersoek toon egter dat dit historiese grafte is van TJ (Doors) Erasmus (geboren 14 Junie 1826. Overlen 11 Mei 1900), sy vrou en nog andere — pioniers en grondleggersvan Pretoria, tans egter oënskynlik, soos die geskiedenis waarvan hulle deel was, vir baie in ons tyd totaal vergete. Die mistroostige toneel wek egter ‘n sterk drang om meer te weet van die tyd wat die totstandkoming van Pretoria voorafgegaan het en die geboorte van ons stad self. <_o3a_p>


Voor die vestiging<_o3a_p>

Die bekende Voortrekkerkenner en historikus, wyle dr G Preller, het baie jare gelede ‘n onderhoud gevoer met een van die destydse nog lewende Voortrekkers wat hulle in die gebied, waar Pretoria ontstaan het, gevestig het. Maria Bronkhorst (gebore Minnaar) beskryf die natuur wat hulle hier gevind het soos volg:“In die dae was die middelste gedeelte van die stad, dit wil sê van ou Pretoria, oortrek met bome wat ons ‘bontveld’genoem het, klompies en groepe bome, met oop plekke tussenin, wat aan die geheel ‘n parkagtige voorkoms gegee het, waar die Wag-’n-bietjie en die Wit Buffelpeer bloesems in die somer die lug oorlaai het met heerlikegeure. Ongelukkig moes die bome weggekap word toe Andries du Toit met die opmeting begin het”. “Elandspoort en die teenwoordige Arcadia het daar min of meer net so uitgesien, met verspreide bos en bome, terwyl die grond langs die rivier dig begroei was tot bo in die poort.

Daar het die Rivierwilkers en ander geboomte dig op mekaar gestaan sodat toe later die pad deur die poort verbeter was, mens onder lange lanings deurgegaan het, met ‘n blaredak wat die hemel soms heeltemal uitgesluit het; en hier en daar gaan die pad deur kristalhelder waterstrome snelvlietend soms, en dan weer gedam oor veelkleurige keisteentjies, so mooi dat ons daarvan uitgesoek het om in ‘n bakkie op die voorkamertafel te set”. “Oral het brame ruig gerank, en die kinders het mandjiesvoldaarvan versamel wat in die huis die plek ingeneem het van vrugte, voordat ons ons eie had.

Die wilde appelliefies, die soet blou nastergal, die heerlike sandappeltjie, stamvrugte en die verloklike maar danig sure wilde pruim wat, as dit ryp is amper deurskynend word, het volop teen die rante gegroei. As die bobiane dit nie die eerstebykom nie, het die kinders ook grote hoeveelhede versamel van die meelagtige mispel, en die wilde rank appelkoos. Ek was in Natal en in die Lydenburgse berge gewees, maar nêrens het ek so ‘n rykdom van wilde vrugte gesien as hier”. “Die rivier het sy naam gekry, natuurlik, van die duisende Blouapies wat daar in die geboomte langs die rivier gehou het – ratse diertjies wat daar langs die toppe van die bome rond geklouter hetmet die grootste gemak, en op die wyse op en af gegaan het langs die rivier, van Daspoort tot in die Fonteine vallei en grond toe gekom het slegs op die stilste en veiligste plekke”. “Die rande en berge in die nabyheid het troppe bobiane gehuisves, wie se skorre geskreeu mens heeldag kon hoor as hulle verstoor werd, of saans na mekaar roep…”“Maar die rivier en die bult links, in die omgewing waar Burgerspark aangelê word was tegelyk ‘n leeunes. So erg was die leeus en so groot die skade wat hulle aangerig het, dat manne van ons kleine nedersetting gereeld jag gemaak het op die ongedierte. Woensdaeen Saterdae was dit leeujag langs die rivier af, wat ruig bewas was met riet en geboomte, en goeie skuiling gebied het aan die ongedierte wat mens ieder nag kon hoor brul”.“Die jagpartye langs Apiesrivier het selde afgeloop sonder dat daar van een tot vyf en soms meer leeus of hyenas doodgemaak werd”. 


Die eerste Pioniers<_o3a_p>

Na die nederlaag wat die Voortrekkers onder aanvoering van Andries Pretorius by Boomplaas teen die Engelse gely het, het ‘n aantal Voortrekkers na die Transvaal getrek. Hulle het hulle hier, waar Pretoria sou ontstaan, die deel wat bekend staan as Elandspoort, wat strek van die Fonteinedal en Groenkloof tot by Daspoort, al op die oewers van die Apiesrivier gevestig. Die plase wat ontstaan het was Elandspoort, Groenkloof, Fonteinedal, Daspoort, Garsfontein, Wildebeeshoek (van die familie vanJopie Fourie), Grootplaas van Andries Pretorius (tans begrawe onder die Hartbeespoortdam), Broederstroom (vernoem na drie broers van Andries Pretorius), Kalkheuvel (die plaas van Marthinus Wessel, seun van Andries Pretorius, en stigter van Pretoria), Arcadia (die plaas van Andries du Toit, die tweede landdros van Pretoria).

Dit is ook interessant om kennis te neem van die eerste Voortrekkernedersetters;Daniël Elardus Erasmus (1838 op Doornkloof die latere plaas van genl Smuts by Irene), Doors Erasmus en gesin, Karel Phillip (Swart Flip) Minnaar en sy vrou Maria Jacoba, Lukas en Maria Bronkhorst (wat hulle gevestig het in die Fonteinedal en vir wie ‘n gedenkteken opgerig is waar hulle huisie gestaan het) genl.Andries Pretorius, Gerhard Stephanus Bronkhorst, veldkornet Andries van der Walt, Piet Smit, Joseph Fourie en sy trek, Hendrik en Kootjie Vermeulen, Andries Francois du Toit (tweede landdros en eerste opmeter van Pretoria), Andries Beetge, Jan du Preez, Joachim Prinsloo, Marthinus Wessel Pretorius (die stigter van Pretoria wat later die eerste President van die Z.A.R. geword het). <_o3a_p>


Die Stigting en beplanning van Pretoria<_o3a_p>

Kom. Gen MW Pretorius koop in 1853 twee plase langs die Apiesrivier van JJP Prinsloo en A van der Walt met die plan om daarop ‘n dorp tot stand te bring ter ere van die nagedagtenis van sy vader, Gen Andries Pretorius wat kort tevore oorlede is. Alhoewel daar onder volksraadslede en ander uiteenlopende menings was oor ‘n dorp, was daar oor een aspek van ‘n nuwe dorp, of vaste setelplaas vir die Volksraad, breë eenstemmigheid, naamlik dat dit geleë moes wees in die “middel” van die land. In daardie opsig het Pretorius se grond uitnemend voldoen. Die Volksraad was egter, om finansiële redes, nie te vinde om so ‘n dorp aan te lê nie. Oor die bestek van twee jaar is meer as een goedgemotiveerde versoek van Pretorius summier deur die Volksraad afgestem.Hierbenewens is sterk beswaar deur ‘n groep van dertig oewerbewonersteen ‘n voorgestelde dorp ook by die Volksraad ingedien. Alhoewel Volksraadslede twee maal per jaar baie ver moes reis om beurtelings in Pretoria, Potchefstroom, Rustenburg of Lydenburg te vergader, was hulle, in die woorde van die bekende Geskiedkundigedr Gustav Preller, skynbaar heeltemal gemaklik om vir sittings heen en weer te “ossewa”.

MWPretorius het egter nie die stryd opgegee nie, en vir twee jaar volhard om sy ideaal te verwesenlik. ‘n Wending het ingetree toe die Kerkraad, (daar was op die stadium net een in Transvaal) aan die Volksraad, tydens sy sitting in Junie 1854, ‘n versoek gerig het om ‘n “afsonderlike gemeente te stichten op die aangekochte plaas Elandspoort”.Die Kerkraad se “kennisgewing” aan die Volksraad het die begin van ‘n dorp beteken, alhoewel dit nie direk so gestel is nie. Omdat die Kerkraad groot aansien by die Volksraad geniet het is die versoek deur die Volksraad goedgekeur en het dit die ideaal van MWPretorius nader aan verwesenliking gebring. Daar is dadelik oorgegaan tot die oprigting van die eerste kerkgebou in die middel van ‘n oop plek wat later bekend sou staan as die Markplein en daarna as Kerkplein. Die volgende stap na die geboorte van Pretoria was sy naam. Verskeie name is deur verskillende persone gegee, en gebruik. Sobv deur veldkornet Andries van der Walt as “Pretorium”, deur die ouderlinge as “Pretoriusstad”; PJ Marais as “Pretoriusdorp”; ouderling Smit as “Pretoria - Philadelphia” (Dit is die naam wat aan die Kerkstandplaas gegee is). Op 16 Nov 1855, op die sitting van die Volksraad te Potchefstroom, word die stigting van Pretoria goedgekeuren besluit op die naam “Pretoria”. 

Art 70 - “Voorgekomen de Kommandant Generaal MW Pretorius, vragende of de twee door Sed Plaatsen van de heren Prinsloo en Van der Walt nu voor ‘n dorp kunnen worden aangenomen. “De ed Raad keurt dit voorstel goed, en neemt de twee plaatsen aan tot dorp, onder de benaming van Pretoria”. “Verder is overgelaten aan de Kommandant Generaal Pretorius om meerdere erven te verkopen tot bestrijden der schuld en voor zed. uit te houden ‘n blok grond ter zijnen dispositie.” (Oud Pretoria dr Gustav Preller).Op 16 Jan 1857 word Marthinus Wessel Pretorius deur ds Van der Hoff te Potchefstroom ingesweer as eerste Staatspresident van die Zuid Afrikaanse Republiek en by dieselfde geleentheid is ook die “Vierkleurvlag” vir die eerste keer gehys. In 1858 word ‘n Grondwet vir die Z.A.R. aanvaar en word Potchefstroom verklaar tot “Hoofplaats” en Pretoria tot “Regeringsetel” van die Republiek. et), <_o3a_p>


Die opmeting van Pretoria<_o3a_p>

Die volgende noodsaaklike stap in die vestiging van Pretoria was die uitleg daarvan en opmeting in erwe. Daar was egter nie ‘n landmeter binne 1 000 myl te kry nie. Gen Andries Pretorius het Andries Francois du Toit, ‘n veelsydige en bekwame persoon, goed geken. Toe Pretorius afgetrek het na die Suide vir sy geveg teen Harry Smith by Boomplaas het hy Du Toit weer raakgeloop in die omgewing van Caledon waar hy besig was om onder de Trekboere te smous. Pretorius het hom oorreed om na die Transvaal te kom en “die vereisde gereedskap saam te bring om land op te meet, sodat hy die duisende nuwe plase kon opmeet”. Du Toit het teen die einde van 1856 in Pretoria aangekom, toegerus met ‘n meetketting, skeepsteleskoop, met waterpas op ‘n driepoot om te dien as hoogtemeter, ‘n dosyn metaalpenne — ses van koper en ses van yster — en ‘n kruishout.Maar nog voordat hy deur Kommandant Generaal Pretorius genader is om die opmeting van Pretoria te doen word hy in die plek van Phillip Bronkhorst verkies as tweede landdros van die dorp. 

Die seun van Francoise du Toit, Gert du Toit, in lewe ‘n senatorhet die opmeting deur sy vader soos volg beskryf; “Toe enige proefnemings tot ieder se tevredenheid bepaal was hoe die grond rondom die kerkie uitgelê sou word om die plein te verkry na die vier windstreke en van voldoende grootte, word een van dehoeke vasgestel, ‘n pen in die grond gedryf en die rest daarvandaan opgemeet. “Met behulp van ‘n naturel moes ek die sware ketting tot op die vereiste afstand sleep en nadat die hoek bepaal was met behulp van die teleskoop, werd met ‘n koevoet ‘n gat in die grond geslaan en ‘n yster hoekpen ingedryf van ‘n duim dik en ongeveer nege duim lang.“De ketting wat ons gebesig het was een wat my vader in Kaapstad gekoop het. Dit het bestaan uit vyftig langwerpige skakels, ieder van een voet lengte – vyftig Hollandse voete, wat een en vyftig Engelse voete gemaak het. “Jare daarna toe behoorlik gekwalifiseerde landmeters, met moderne instrumente, die stad opgemeet het, was iedereen verwonderd oor die noukeurigheid van my vader se meting. Die opmeting van 78 blokke het ongeveer ‘n jaar geneem.” (“Ou Pretoria” pp 64.) Die volgende stap in die wording van Pretoria was die benaming van die 80vt wye strate. Die uitsonderlike straatwydte was bepaal volgens wat nodig is om met ‘n wa en osse ‘n U-draai te maak. <_o3a_p>


Die belangrikste strate in die ou Pretoria, dit wil sê die middestad, is soos volg vernoem:<_o3a_p>

- Pretoriusstraat is vernoem na pres. MW Pretorius wat die leeue-aandeel gelewer het in die totstandkoming van Pretoria.<_o3a_p>


- Schoemanstraat is vernoem na Kommandant Generaal Stephanus Schoeman wat so ‘n groot rol gespeel het in die beroeringe in die begin jare en in die Burgeroorlog.<_o3a_p>


Du Toitstraat is vernoem na Andries du Toit, die opmeter van Pretoria. Die straat het die oostelike grens van die destydse dorp uitgemaak, wat gegrens het aan Du Toit se plaas, Arcadia.<_o3a_p>


- Vermeulenstraat is vernoem na Hendrik en Jacobus Vermeulen. Hulle was van die heel eerste nedersetters in Pretoria.<_o3a_p>


- Bloedstraat het sy naam te danke aan ‘n treurige gebeurtenis wat in 1863 daar afgespeel het. Dit was tydens die Burgeroorlog. Gen Stephanus Schoeman het gewoon waar die ou Nasionale Kultuurhistoriese Museum, wat tans gesluit is, nou staan. Schoeman was in opstand teen die Regering. Kommandant Paul Kruger het wagte geplaas op sy grond wat “Klein Schoemansdal” genoem was, met die opdrag om te belet dat Schoeman in verbinding tree met sy woning. Op ‘n Sondagmôre in die betrokke jaar ry die jong Koos du Toit, seun van Andries Francoise du Toit, netjies uitgevat op sypragtige blou skimmel die tuin in om vir sy nooi, die dogter van Gen Schoeman te kom kuier. 

Net op die oomblik as die wagte die ruiter toeroep “Werda!” word die woorde verdring deur ‘n hewigewind wat oor die dorp gewaai het en Koos ry rustig voort. Die volgendeoomblik weergalm daar skote. Die pragtige perd sak in mekaaren Koos val op die grond neer met ‘n skoot deur die skouer.


- Minnaarstraat het sy naam te danke aan Philip Minnaar (SwartFlip), nog een van die vroegste nedersetters<_o3a_p>


Prinsloostraat is vernoem na die man by wie MW Pretorius eenvan die plase gekoop het vir die uitleg van die dorp, naamlik JJPPrinsloo(Joachim “Tweeduim” — verwysende na ‘n gebrek aan sy hand).<_o3a_p>


- Van derWaltstraat is vernoem na Pretoria se eerste Veldkornet,Andries van der Walt. <_o3a_p>


Plekname om Pretoria<_o3a_p>

Benewens die interessante Straatname van die stad waarvan slegs enkele voorbeelde genoem is, het ons voorouers ook pragtige name gegee aan ons fauna, ons riviere, berge, dorpe en stede. Die volgende voorbeelde van sulke name wat almal betrekking gehad hetmet eienskappe van die omgewing is tipies: Kwaggapoort, Daspoort, Wonderboompoort, Koedoespoort, Hartebeespoort, Olifantsfontein en Elandsfontein. <_o3a_p>

Hoe het Pretoria in die beginjare gelyk?<_o3a_p>

Daar bestaan ‘n aantal skilderye van Pretoria wat aan ons ‘n mooi beeld voorsien hoe die dorp daar uitgesien het in 1857, 1872, 1873 en 1879.<_o3a_p>

- 1857: Die oudste en eerste afbeelding van die dorpie is ‘n skildery van mej Marian Churchill, ‘n besoekster uit Natal. Dit toon die klein dorpie op die golwende veld met rante in die agtergrond. Prominent is die kerkie met sy wit gekalkte mure, grasdak en trapgewel en ses soortgelyke huisies elk met sy ossewa. Die inwonertal was toe ongeveer twintig persone. In 1861 het die dorpie gegroei tot ongeveer 80 huise en driehonderd inwoners.

- 1872: In 1872 het die bekende skilder, Thomas Baines, ‘n pragtige skildery gemaak wat ‘n panorama van die landskap en die dorp uitbeeld, vanaf ‘n koppie aan die oostekant, met die uitsig na die westekant waar die son besig is om onder te gaan. Aan die voet van die koppie sien ons ‘n aantal waens wat uitgespan is, en beeste wat wei waar Arcadia tans is. ‘n Entjie verder vloei die Apiesrivier, van suid na noord begrens deur landerye wat opgedeel is deur digte groen heinings van bome. Vanaf die rivier strek Kerkstraat opdraand na die weste, aan weerskante begrens met sipresbome tot by die dorp met sy eenvoudige, langwerpige huisies met wit gekalkte mure en spits grys grasdakke en eenvoudige gewels. Volgens bronne wat geraadpleeg is was die inwonertal op die tydstip reeds tussen 2 000 en 3 000.

- 1873: ‘n Ander skildery, deur WE Oates, gee ‘n besonder mooi beeld van Pretoria in 1873, gesien van ‘n gesigpunt oos van die Apiesrivier. Dit toon Kerkstraat as ‘n wye grondstraat, oorkruis met waterpoele en wat strek in die rigting van die kerkgebou in die verte. Noord van die pad is dit ‘n ryk en welige landskap oorheers deur reuse groen wilgerbome. Suid van die pad is groen landerye onderbreek deur digte heinings van groen bome. In die verte is die dorp met die wit huisies met hulle grys dakke. Teen die agtergrond is Pretoria se tipiese rante. <_o3a_p>

Enkele statistieke en datumsDie groei van Pretoria word weerspieël deur die volgende statistiek een datums.

1849: Die totstandkoming van Z.A.R

1855: Aantal inwoners = 2016 Nov.

1855: Stigting van Pretoria

1861: Aantal inwoners = 300

1877: Anneksasie van die ZAR deur Engeland

1880: Aantal inwoners = 3 700

1880: Eerste Vryheidsoorlog: Boere wen alle veldslae.

1881: Herstel van die ZAR se vryheid.

1885: Die ontdekking van goud

1899: Aantal inwoners = 40 000

1899: Tweede Vryheidsoorlog

1902: Oorname van die twee Boererepubliekedeur Engeland

1910: Totstandkoming van die Unie van SA

1961: Totstandkoming van die RSA volkomeonafhanklik van Engeland

1966: Sluipmoord op dr Verwoerd

1994: Die oorname van die RSA deur ANC/SAKP

1996: (Laaste statistiek) Aantal inwoners = 471 258 (Blankes),asook 1 511 429 (Swartes, Kleurlinge en Indiërs) 

Die belangrikste geboue van Pretoria tydens diebestaan van die Z.A.RVoor die ontdekking van goud in 1885, het die staatsinkomste slegs die oprigting van nederige eenverdieping grasdakgeboue toegelaat, maar na 1885 was daar nie slegs ‘n toestroming van buitelanders nie, maar ook ‘n groot styging in die staatsinkomste wat die oprigting van groter en duursame geboue moontlik gemaak het. 


Die geboue vorm ‘n waardige eenheid met ‘n duidelike Eurosentiese karakter. Die belangrikste hiervan was die volgende:

- Die Goewermentsgebou, tans bekend as die Ou Raadsaal op Kerkplein.

- Die Paleis van Justisie op Kerkplein.

- Die Staats Gimnasium op die hoek van Bosman- en Proesstraat, wat in 1970 gesloop is in weerwil van hewige openbare protes.

- Die Staats Model School in Van der Waltstraat.

- Die Staats Meisjes Skool in Hamiltonstraat.

- Die Kultuurhistoriese Museum in Boomstraat wat opgerig was in opdrag van pres Paul Kruger en wat tans gesluit is. Ten tye van sy sluiting het die museum beskik oor die grootste kultuurhistoriese versameling in die land.

- Die pragtige Hoofkwartier van die Staatsartillerie in Potgieterstraat, tans verberg deur ander geboue.

- Die dertien huise vir die Staatsartilleriste in Artillerieweg by dieWeermag Hoofkwartier.

- Die groot en indrukwekkende Hervormde Kerk op Kerkplein wat 1 100 persone kan bevat, maar wat in 1906 deur die Britte gesloop is onder die voorwendsel dat dit bouvallig was.

- Sewe Forte om Pretoria. 


Benewens die genoemde Staatsgeboue is daar die volgende prominentegeboue wat tans nog bestaan: <_o3a_p>

- Die NG Kerk in Bosmanstraat

- Die Hervormde Kerk in Du Toitstraat

- Die Gereformeerde Kerk in Kerkstraat oorkant die Krugerhuis

- Die Melrose Huis in Visagiestraat waar die Vrede van Vereniging onderteken is. ‘n Voorbeeld van ‘n tipiese herehuis in die 19de eeu. Die oorlogsjare van 1899-1902 was jare van vernietiging in die twee Boererepublieke. Gelukkig is Pretoria egter grotendeels gespaar. <_o3a_p>


Na die Engelse oorname en daarna Uniewording en tydensdie RSA is talle groot geboue opgerig waarvan die volgendeuitstaan:

- Die grootse en monumentale Uniegebou met sy fantastiese tuine 1910 - 1914.

- Die pragtige stasiegebou 1911.

- Die Nuwe Stadsaal ongeveer 1930.

- Die Transvaal Museum.

- Die letteregebou van die destydse “Transvaal University College”, wat die begin was van die Universiteit van Pretoria, wat onder Afrikanerregering ontwikkel het tot die grootste universiteit in die land.

- Die Staatsoperakompleks.

- Die ultra moderne Reserwebank, ‘n glas wolkekrabber. <_o3a_p>

- Die Volkskas toringgebou

- Die kolossale Universiteit van Suid-Afrika. Nog ‘n produk van die “Apartheids-bewind”. Die grootste universiteit van sy soort in die Suidelike halfrond.

- Die Buro van Standaarde

- Die WNNR kompleks <_o3a_p>


Slegs enkele van die belangrikste en onvergeetlike gebeurtenissewat plaasgevind het in en om die stad en waarvan Pretoriagetuie was, is die volgende:

- Die vier inhuldigings van president Kruger as Staatspresident op Kerkplein. Twee, in 1883 en 1888, in die nederige klein grasdak Raadsaal, en tweemaal in 1893 en 1898 in die huidige Raadsaal.

- Dié, vir ons treurige en vernederende, maar tog indrukwekkende vredesviering op Kerkplein met die duisende Britse troepe in 1902.

- Die groot en hartroerende begrafnis van president Kruger op 16 Des 1904, met die opelugdiens suid van die groot kerkgebou op Kerkplein, sowel as ‘n tweede diens op die oop terrein wes van die Krugerkerk op die hoek van Potgieter en Kerkstraat. ‘n Onvergeetlike gebeurtenis met 20 000 mense in die stoet na die Helde-Akker in dié ou kerkhof.

- ‘n Militêre begrafnis gedurende die oorlog vir Boere wat gesneuwel het, ‘n stoet van duisende na die kerkhof.Pretoria en die herlewing en opkoms vanAfrikanernasionalisme

- 1938: Geen ander gebeurtenis het die vlam van Afrikanernasionalisme sterker aangeblaas as die onvergeetlike simboliese ossewatrek vanaf Kaapstad tot by die Monument in Pretoria en die Voortrekker- Eeufeesviering en hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Daarvan getuig die geweldige skare van ruim 200 000 Afrikaners wat dit bygewoon het en tuisgegaan het in ‘n reuse tentdorp suid van die Monument.· 1948: Die dramatiese oorwinning van die Nasionale Party. Die hele SA onder Afrikanerbewind. Groot vergadering op Kerkplein.

- 1949: Die reusagtige en skouspelagtige ingebruikneming van die grootse Voortrekkermonument. 250 000 mense beset die Amfiteater en Monumentkoppie en kyk in vervoering na ‘n asemrowende massa Volkspelevertoning. Die 2 300 spelers van oor die hele land, sowel as SWA en Rhodesië bied ‘n fees van kleur sang en beweging met die vorming van ‘n reuse ossewa as klimaks. Afrikanernasionalisme bereik ‘n hoogtepunt.

- 1955: Die groot feesviering toe Pretoria 100 jaar oud word. Duisende trek saam op Loftus Versveld vir nog ‘n skitterende Volkspelevertoning en boeiende historiese tablo. Meer as 2 000 spelers tree op voor ‘n gepakte paviljoen en sluit af met ‘n tablo van ‘n ossewa en vliegtuig om die groei van die stad te simboliseer.

- 1961: Die hele Kerkplein word oorgeneem deur duisende bewoë Afrikaners toe dr HF Verwoerd, die Eerste Minister en adv. CR Swart, eerste Staatspresident van die nuwe Republiek van Suid-Afrika, op die balkon van die Paleis van Justisie verskyn en Suid-Afrika, na die neerlaag van die Boere Republieke in 1902, uiteindelik weer volkome vry word van Britse oorheersing.

- 1966:Die vyfjarige bestaan van die RSA. Seker die grootste saamtrek by die Monument en die indrukwekkendste militêre magsvertoon in die land se geskiedenis en daarna die reusagtige byeenkoms in die Amfiteater vir die toespraak deur dr HF Verwoerd.

- 6 Sept 1966: Die afgryslike en skokkende tweede aanslag op dr Hendrik Verwoerd se lewe toe hy in die Parlement deur die kommunis, Tsafendas, wreedaardig doodgesteek is. Daaropvolgende die aangrypende en indrukwekkende staatsbegrafnis en begrafnisstoet vanaf die Uniegebou in Kerkstraat af en om die Kerkplein, na die Helde-Akker.

- 1988:Die 150 jarige herdenking van die Groot Trek wat die trek en die simboliese trek van 1938 weer laat herleef het. 


Die getuienis van PretoriaSoos dit vandag onder die verdrukking deur die swart kommunistiese bewind gaan, word die voortbestaan van die wêreldbekende naam Pretoria ook op alle maniere bedreig en word daar geëis dat die naam verander moet word na Tshwane. Daarmee saam skyn dit asof die laaste voetspore van die Afrikaner ook in Pretoria, die Afrikaanse stad, die stad van Paul Kruger, doodgeveeg moet word. Die sekerste manier waarop die ANC/SAKP ook hierin sal slaag is die dag wanneer die Geestelike Weerbaarheid van Afrikaners daarteen sal verdwyn. Dit sal gebeur wanneer, onder andere, die hele wordings- en bestaansgeskiedenis van die stad by Afrikaners in vergetelheid raak. Daarmee saam sal die Afrikaner se geskiedenis, wat so nou verbonde is aan hierdie stad, ook vervaag in vergetelheid. So sal veral ons jeug en jongmense nog meer oop wees vir die verleidelike stemme om die stryd vir ons voortbestaan en vryheid te laat vaar en in te val by die nuwe bedeling. 

Die getuienis van die grafteNet soos met plaasgrond, duik die vraag ook op aan wie behoort Pretoria? In baie gevalle is boere se grond al van hulle weggeneem op grond van enkele obskure bene of oorskot van ‘n liggaam wat in die grond op die plaas gevind is en wat dan sou bewys dat die grond vroeër aan ‘n swarte se voorgeslag behoort het. In Pretoria is talle begraafplase wat honderde-duisende grafte bevat van Afrikaners en Blankes wat hier geleef en gesterf het.Ook van talle van ons volkshelde en die voorgeslagte van baie wat tans nog hier leef. Is dit dan nie meer as afdoende bewys dat ons as Afrikaners en ander Blankes ‘n regmatige aanspraak op die eienaarskap van die stad en seggenskap oor sy toekomshet nie?