Aankondigings:


Republiekfees

Saterdag 31 Mei

09:00vm

NG Kerk Lyttelton



Volg ons op Facebook


Televisie: Die perfekte dwelm

TELEVISIE - DIE PERFEKTE DWELM: Koos Venter

 

SUID-AFRIKA vier vanjaar, in 2006, dertig jaar van TV in die land. Hoewel daar in 1975reeds begin is met toetsuitsendings van die destydse SAUK se eerste pogings, is daar amptelik in 1976 met ‘n gestruktureerde programskedule en deurlopende daaglikse uitsendings van SAUK-TV begin. KOOS VENTER kyk in hierdie artikel na die invloed van TV op die mens en hoe dit effektief as vyand van Afrikanernasionalisme aangewend is.


Vroeg in die sewentigerjare van die vorige eeu was die twee groot Afrikanernasionaliste, dr. Albert Hertzog en mnr. Jaap Marais gereeld in die nuus oor hul standpunt in verband met TVin Suid-Afrika. Hulle het aanhoudend daarteen gewaarsku dat die land nog niegereed is daarvoor nie, omdat daar swaar gesteun sou word op kykstof uit die buiteland. Hulle wou beter beheer hê oor programme en die inhoud daarvan as TV wel in Suid-Afrika bekendgestel sou word. Destyds was daar uit sekere oorde groot druk om so gou as moontlik televisie in Suid-Afrika bekend te stel. Hertzog en Marais is gereeld in die media gekruisig as remskoene wat “vooruitgang” wou vertraag. Vandag, na 30 jaar van TV in Suid-Afrika, is hul vrese van destyds as grondig bewys. In sy boek, Die Meningsmouse, wat in 1970 in Afrikaans verskyn het, nadat dit vroeër in Engels as The Opinion Makersgepubliseer is, haal die beroemde nasionalis, Ivor Benson, vir E. Merril Root soos volg aan oor televisie: “Hier het ‘n mens te doen met superhipnotisme. Hier is die welkome mesmerisme van die permissiewe kudde. Hier word al die kunsies van die hipnotis gevind: die skitterende voorwerp waarna stip gekyk moet word; die onweerstaanbaarheid van lig; die eentonigheid van stemming en herhaling; die gemoed gesus, die herhaalde boodskap…” 


As die invloed van TV op die ontwikkeling van ons eie samelewing oor die afgelope 30 jaar bestudeer word, kan ‘n mens nie anders as om te wonder waarom die Afrikaners nie destyds met meer aandag na die waarskuwings van Albert Hertzog en Jaap Marais wou luister nie. Oor die onderwerp van televisie en sy invloed op die mens is al baie boeke geskryf en nog meer kan daaroor gesê word. Vir die doel van hierdie artikel moet ‘n mens egter in kort konsentreer op die invloed van TV op die bevolking van Suid-Afrika. TV is verslawend  Die belangrikste aspek van TV, wat verstaan moet word voor enige ander invloed daarvan ontleed kan word, is dat dit ‘n verslawende effek op mense het. Daar is al gesê dat televisie die gevaarlikste dwelm is wat bestaan. In haar boekDie Inprop-Dwelm (The Plug-In Drug), skryf Marie Winn dat televisie ‘n gevaarlike dwelm is en dat die verslawing daaraan enige tyd net so gevaarlik kan wees as die verslawing aan heroïne of drank. Winn som dit soos volg op (my vertaling): “Wanneer ons dink oor verslawing aan dwelms of alkohol fokus ons herhaaldelik op negatiewe aspekte. Maar ons ignoreer die plesier en die geleentheid op ontvlugting van die werklikheid wat die gebruik van hierdie dwelms aanvanklik vir die verslaafde bring. Die wese van enige ernstige verslawing is tog ‘n najaging van plesier, ‘n soeke na ‘n gevoel van ‘vryheid’ wat die normale lewe nie verskaf nie. Die verslaafde ontwikkel ‘n onbekwaamheid om te funksioneer sonder die verslawende bestanddeel van die dwelm… As die verslawing eers volkome is, benodig die verslaafde dus ‘n gereelde dosis van die dwelm om ‘normaal’ te kan funksioneer. Maar diéverslawing verwring egter uiteindelik die werklikheid. En die verslaafde se behoefte na die verwronge plesier word wanhopig gestimuleer deur al hoe groter dosisse van die dwelm. Ironies genoeg, word die verslaafde se ware identiteit hierdeur vernietig. En so kan heroïne- of drankverslaafdes uiteindelik nie normale verhoudings onderhou nie en hul werk ly ook daaronder.”


Winn vergelyk dan die verslawende effek van televisie op die mens met die effek van ander dwelms soos volg: “Laat ons dus nou die kondisies van ernstige verslawing van toepassing maak op televisieverslaafdes. Net soos dwelms en drank, laat die televisie ondervinding die verslaafde wegbreek van die realiteit van die ware wêreld om hom. Dit laat hom toe om in ‘n plesierige en verstandelikpassiewe toestand te verkeer. Die bekommernisse van die werklikheid word net so effektief soos deur drank en dwelms verdoof voor die kassie. Boonop ly die verslaafde aan dieselfde waan van beheer oor homself. Hy glo dat hy dit enige tyd kan opgee as hy wil. Of hy ontken bloot enige afhanklikheid daarvan. Maar televisie is net so ‘n bedrieër soos enige ander dwelm. Uiteindelik is dit die effek wat televisie het op mense se beskouings wat dit so ‘n ernstige verslawing maak. Televisie verdraai boonop die mens se begrip van tyd en dit vernietig sy produktiwiteit. Dit vervaag enige ander ondervinding en dit neem self ‘n groter deel van die werklikheidsbegrip van die verslaafde op. En dit bring skade aan verhoudings, omdat dit normale tyd vir interaktiewe kommunikasie elimineer.”Dus, televisie vernietig die vryheid en vermoë tot onafhanklike denke van die mens. Stephen K Paul, ‘n mediakenner in Amerika, het ook die effek van televisie op mense en die samelewing ondersoek. Hy het onder andere gekyk na die sielkundige, fisiese en ekonomiese effek van televisie. Sy gevolgtrekking is dat — hoewel TV ook voordelige gebruike kan hê — dit inderdaad die grootste sielkundige kanker van ons samelewing geword het. Hy noem dit “die belangrikste element van breinspoeling van die massas in ons tyd”.


Die invloed van TV op moraliteit en waardes Grant Tinkler, ‘n voormalige voorsitter van NBC, een van die heel grootste TV-kanale in Amerika, het jare gelede die volgende belangrike opmerking gemaak: “As ons kan begin om die gesindhede van mense te verander in hierdie land, kan ons begin om ook hul gedrag te verander.” Dit is ‘n baie belangrike opmerking. Wat Tinkler hiermee sê, is dat hulle dus byna ‘n hele samelewing se gedrag kan manipuleer deur die invloed van hul medium — televisie! Waar wil ‘n mens ‘n beter voorbeeld hê van die sukses wat met diehulp van televisie bereik kan word in die afbreek van morele waardes as Suid-Afrika. Dertig jaar gelede was die Afrikanervolk nog ‘n baie sterk volk, wat tot ‘n baie groot mate in homself en in die regverdigheid van sy eie saak en waardes as Christelik Nasionalistiese volk geglo het. Vandag is ons sekerlik een van die mees verwardevolke op aarde met ‘n reuse misplaaste skuldgevoel oor ons verlede. Dit kan boonop nie toevallig wees dat ons juis oor die afgelope dertig jaar van ‘n moreel standvastige en beginselvaste volk omgedop is tot dit wat ons vandag rondom ons sien nie. Dit mag dalk ‘n omstrede stelling wees, maar die deursnee Afrikaner van vandag is ‘n selfsugtige, geldgierige humanis, wat die “vryheid” van ons goddelose samelewing omarm het.


Die invloed van televisie om hierdie situasie te bereik, kan nooit onderskat word nie.Mnr. Jaap Marais, die grootse Afrikanernasionalis van sy tyd, het ons in sy laaste dae byna gesmeek om daarna te streef om weer die waarde van die vier groot “G’s” te besef in ons stryd om Afrikanernasionalisme te laat herleef. Hierdie vier groot “G’s” het hy assteunpilare vir ‘n gesonde nasionalistiese samelewing beskou. Dié vier “G’s” staan vir die begrippe “Godsdiens”, “Gesin”, “Gesag” en “Geskiedenis”.‘n Deeglike ontleding van die invloed van televisie en veral die inhoud van dit wat uit die anti-Christelike Joods-beheerde Hollywood in Amerika afkomstig is, toon dat dit juis hierdie vier “G’s” –die steunpilare van ‘n gesonde Christelik-nasionale samelewing — is wat deur die propaganda op ons TV-skerms afgetakel, bespot, verdraai en vernietig word. Elke orde wat deur God ingestel is om Sy volmaakte samelewing te laat funksioneer, word aangeval en afgebreek. Kyk maar gerus mooi na die “onskuldige” en grapperige situasie-komedies, of “sitcoms” uit Hollywood, wat in ons kele afgedruk word. Kyk en luister fyn en u sal sien hoe veral drie van die vier groot “G’s” bespot en afgebreek word. Hier dink ‘n mens aan Godsdiens, Gesag en Gesin. Kyk na die res van die “vermaak” uit Hollywood. Dis verbysterend as ‘n mens eers daarna begin oplet. Daar is veral drie baie belangrike ordes wat God ingestel het, wat in ons tyd geweldig sterk geteiken word. Dit is eerstens die orde van die verhouding tussen God en mens wat verwring word. 


Daarna kom die verhouding tussen man en vrou en veral die gesag wat God aan die man gegee het in dié verhouding aan die beurt. En derdens word gekonsentreer op die verhouding tussen grootmens (of ouer) en kind. Dié orde word ook sonder ophou aangeval en afgebreek. En so word ‘n samelewing geskep van wanorde met verwarde, verkleineerdemans, misplaaste vroue wat hul primêre rol as moeder versaak en opstandige, ongedissiplineerde kinders. Die leuse is duidelik — alle grense moet afgebreek word. Die God van die Bybel is ‘n God van gesag en orde, en daarom moet die TV gebruik word omalle orde omver te werp en in die plek daarvan “vryheid” (inderdaad wanorde) te bring.Oor die verwarring en misleiding rondom die geskiedenis en die rol van TV en die media in die algemeen hierin kan ‘n mens boeke vol skryf. Die kern van hierdie taktiek gaan egter oor die belangrikheid van ons geskiedenis om die goue lyn na die toekoms deur te trek. Dit setel in die feit dat die geskiedenis die geheue van enige volk is. As die trotse geskiedenis van Afrikanernasionalisme dus gedemoniseer en afgekraak kan word, is die stryd halfpad gewonne om die volk se geheue uit te wis. Breinspoeling en indoktrinasiekan vanselfsprekend dan sonder moeite voortgaan.


Propaganda en die politiek Die rol van TV in die ontwikkeling van die politiek oor die afgelope 30 jaar in Suid-Afrika is só groot, dat daar ook etlike boeke daaroor vol geskryf kan word. Sonder TV is dit te betwyfel of die kommuniste ooit ons land sou kon oorneem. Sonder TV sou NelsonMandela nooit binne een dekade van ‘n kommunis en terroris tot ‘n “ikoon” getransformeer kon word vir so baie mense in ons land nie. Sonder die hipnotiese dwelm van TV sou intelligente mense nooit gemesmeriseer kon word om te glo dat ‘n patetiese ou tronkvoël soos Nelson Mandela ‘n “groot staatsman” is, terwyl ons land onder sy leiding ten opsigte van die basiese aspekte van goeie regering, naamlik respek vir wet en orde en ‘n gesonde ekonomie, binne net vyf jaar byna ten gronde gegaan het nie. Sonder televisie sou die leuen van “vryheid en demokrasie” in die huidige kommunistiesebedeling in ons land nooit in stand gehou kon word nie! Een van die interessantste tendense om die mag van TV as politieke propagandamiddel te bewys, is die invloed wat dit gehad het op die uitslag van die algemene verkiesing van 1977 in Suid-Afrika.Die uitslag van daardie verkiesing was heeltemal uit pas met die ontwikkeling van die politiek sedert 1969. Tussen 1969 en 1975 was daar twee algemene verkiesings, waarin dit uit die uitslae duidelik geword het dat die weerstand teen die koers van die NP vanJohn Vorster besig was om op te bou.


Toe kom TV in 1976. En toe kom die verkiesing van 1977. TV was ‘n propagandamiddel wat volkome in die hande van die Vorsterregering was. Onthou, TV is destyds hoofsaaklik uit staatsfondse gesubsidieer. Daar was nog geen advertensies op SAUK-TV nie. Daardie uitslag van 1977, waarin die NP ‘n byna vernietigende oorwinning oor al die ander partye behaal het, is al aan baie faktore toegeskryf. Daar word byvoorbeeld gesê Vorster se taktiek om dit ‘n verkiesing teen Jimmy Carter en Amerika te maak en dus die aandag van die binnelandse probleme af te trek, het ‘n groot invloed gehad. Maar die waarde van die nuwe propagandahulpmiddel wat Vorster en die NP met die koms van TV gehad het, word heeltemal onderskat. Van die Amerikaners gepraat, die beste manier om die boodskap van hierdie artikel op te som, is miskien die ou grappie wat mnr. Jaap Marais so dikwels op openbare verhoë vertel het. Hy het gesê dat die Britte en die Amerikaners twee heel verskillende style het as hulle ‘n land wil koloniseer. Die Britte stuur eers die opstokersen agitators om moeilikheid te maak, sodat hulle ‘n rede kan kry om in te meng met ‘n land se huishoudelike sake en uiteindelik ‘n rede kan kry vir oorlog. Daarna stuur hulle hul soldate. En na die oorlog, as hulle die land oorgeneem het, stuur hulle hul onderwysers en predikante om die mense te breinspoel en onderdane van die Britse koningshuis te maak.“Die Amerikaners doen dinge egter heel anders”, het mnr. Marais altyd tot groot vermaak van sy gehoor gesê. “Die Amerikaners stuur net hul televisie…”